Tussen die koppe, net buite Parys, lê ‘n juweel gasteplaas met volop wild, netjies ingewig tussen die randte.  Koppe, klowe, vallei en bos vorm ‘n mosaik van ‘n natuurwonder, gevorm meer as 2000 miljoen jaar gelede toe die grootste en oudste meteoriet die aarde getref het.  Vanaf die uitkykpunt hoog bo-op Langrant kan ‘n mens met sonsondergang die asemrowende ring rondom die krater waarneem.